Meer oor die skrywer, Rudie van der Poel

 
Hier van links (Mariska, Ruben, Rudie en Ryan van der Poel)

Poelie is 'n doodgewone man wat op 9 Mei 1999 sy hart aan die Here gegee het, daarna was sy lewe was nog nooit weer dieselfde nie.

Hy herken openlik dat hy nog onder “konstruksie” is, en deel graag sy lewens ervarings met enigeen wat bereid is om te luister.  Hy is 'n aktiewe ouderling verbonde aan die Klein Karoo Gemeente op Oudtshoorn en preek ook dikwels by die PPK gemeente.

Hy is getroud met Mariska, en het twee seuns Ruben (12) en Ryan (10) in 2014. Hy is ‘n betrokke pa wat help met sport afrigting by die skool.

As 'n toegewyde polisieman van 27 jaar (in 2017) werk hy tans in die SAPD Akademie. Hier gebruik die Here hom al sedert 2000 om onder studente te werk.

Sederdien het talle al ‘n  verbintenis aan die Here gemaak en is hul lewens ook verander. Hy het ‘n Sertifikaat in Teologie verwerf aan die Hebron Teologiese Kollege.

Besoek ook gerus sy Facebook vir meer inligting hier.