Aan Sy kinders deel Hy take uit!   2017-08-19

... Aan Sy kinders deel Hy take uit! ...

 

Want die Here ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan.

PSALMS 1:6

 

Daar is 'n Suid-Afrikaanse spreek ding wat sê ... Ek ken my customers! Dit het ek die week agtergekom die ek vir my bevelvoerder ingestaan het.

 

Daar is sekere mense wie mens op kan vertrou, jy hoef hulle nie eens te vra nie, hulle weet wat gedoen moet word en uit hulle eie doen hulle dit.

 

Dan is daar die wie jy moet kyk of hulle gedoen het wat jy gesê het. Dan is daar die wie ander vir jou sê ... Dai man/vrou! Hulle gaan nie dit of dat doen nie! En so is daar baie voorbeelde ...

 

Wat maak ons? Ons deel take uit aan die wie jy vertrou en maak staat op hulle om jou te help. Die ander word outomaties deur ons menslikheid eenkant geskuif ... 

 

Hoekom, want daar is 'n werk wat gedoen moet word! Stadig maar vir seker loop die paaie van die goddeloses dood. Hulle wat stryd voer teen die Weg van die Here! Hulle sal beskaamd staan voor Sy aangesig. Met leë hande sal hulle voor Sy troon van heerlikheid verskyk - en hulle sal sê ... Het ek maar geluister!

 

Waarom gee die Here aan Sy kinders take om te doen? En waarom kry hulle teenstand wanneer hulle doen wat die Here beveel? Want, daar is 'n weg wat vir die wêreld reg lyk, maar die uiteinde daarvan is die dood - en baie stap op daardie weg spreek die Woord van die Here!

 

Die uiteinde daarvan is die dood!