Aan wie behoort ek?   2017-08-29

... Aan wie behoort ek? ...

 

1Pe 2:9 Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, 10 julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.

 

Het jy al gesien? Wanneer jy 'n huis koop kan jy doen net wat jy wil is daardie huis! Want dit is mos joune? Of isit? Hulle noem dit nogal ook 'n privaat woning! 

 

Maar hier is iets oor na te dink ... en toets dit maar ... Aan wie behoort die grond, waarop die huis staan? As dit dan joune is waarom betaal jy erfbelasting? As dit joune is, hoekom bepaal ander wat jy op die grond mag doen en nie doen nie?

 

So ook jou liggaam dit behoort mos aan jou - of doen dit? As dit jou liggaam is hoe is dit moontlik dat ander vir jou sê wat jy met daardie liggaam mag doen of nie doen nie? As jy dan rook waarom stop jy nie net nie? 

 

As jy dan in sonde leef waarom varander jy nie net jou lewe nie? Dis dan sonde wat doodmaak, waarom sal jy nog daarin wil leef? 

 

Dis eers wanneer jy Jesus ontmoet dat jy uitvind jy was nog jou lewe lank 'n slaaf! Jy het gedink jy kon doen wat jy wil en gaan waar jy wil, net om uit te vind die pad waarop jy is - bring net probleme! 

 

Nou as ons dan nie aan ons self behoort nie aan wie behoort ons? Die bybel is duidelik of ons die die Koning van die lig, of ons dien die koning van die duisternis! Wie dien jy? Ek en my huisgesin, ons sal die Hefe dien!