Enige mens kom net in die hemel deur Jesus!   2017-08-15

... Enige mens kom net in die hemel deur Jesus! ...

 

Joh 14:5 Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken? :6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

 

Het jy al ooit 'n kasteel uit die middel eeue gesien? Dis hierdie groot "gebou" en normaalweg is daar rondom 'n kanaal vol met water. Daar is net een brug en as jy binne die kasteel wil kom moet jy oor hierdie een brug kom!

 

God se Koninkryk is daardie kasteel, die dood daardie kanaal, en Jesus Christus ... God se Enigste Gebore Seun is daardie brug. As jy wil in, moet jy deur Hom! 

 

Op my pa se sterfbed, kon die feit dat hy homself 'n Christen noem hom nie inkry nie. Die feit, dat hy 'n bybel gehad het - en so nou en dan daarin gelees het kon hom nie inkry nie! 

 

Die feit dat hy al kerk toe gegaan het, dit kon hom nie inkry nie. Die ergste van alles - al het hy gesê ... Jesus ken ek ... kon dit hom nie inkry nie. Toe kom die dag wat hy op sy sterfbed voor daardie "kasteel" staan.

 

Hy het in die water beland en kon nie inkom nie! Hy het gesien en ervaar hoe hy sterwe, maar niemand kon hom help nie! Die dood het gelê en wag om sy soveelste slagoffer te gryp!

 

So het baie al gedink hulle is slim, net om uit te find hulle is nie so slim nie! Moenie wag todat jy in die water beland nie! Sy genade tyd was toe - jou genade tyd is nou!

 

Uit genade is hy gered, en diep is hy uitgehaal om oor daardie enigste brug te stap! Glory to God! Glory to His Son, Glory to the faithful Spirit. He has entered through the Son!