Glo en bly glo in die Weg selfs in vervolging   2017-08-18

... Glo en bly glo in die Weg selfs in vervolging ...

 

Hand 24:14 Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die Weg wat hulle sekte noem, so die God van my vaders dien, terwyl ek alles glo wat in die wet en in die profete geskrywe is,

 

Hier is 'n trasiese verhaal ... Regtig tragies en ek word sommer hartseer as ek daaraan dink ... Ek het 'n vriendin en sy kom uit 'n baie tradisionele kerk kultuur - waaruit ek natuurlik ook kom.

 

Kind van die Here, moenie verkeerd verstaan nie ... Die Heilige Gees openbaar toe aan haar dat Hy wil hê sy moet haar laat doop ... Ons het baie daaroor gesels ... en sy het haar voorgeneem om dit te doen, want Hy het haar oortuig, so, sodra die geleentheid hom voordoen ...

 

Al het ek haar herhinner oor tyd, het sy uitgestel en uitgestel .... later het sy met haar "kerk leier" daaroor gaan gesels want sy was 'n sondagskool onderwyseres ... oor haar oortuiging ...

 

Hy het haar weer oortuig dis nie nodig nie! Jy is ok! Boonop, het hy gesê dat alle maniere is reg, dit is jou hart wat saakmaak by die Here! 

 

Hier in ons kerk doen ons dit net anders, so as jy wil gaan kan jy maar, maar ons mense glo anders - en ons gaan tog ook hemel toe - of hoe? Sy is deur hom oortuig dis nie nodig nie.

 

Nou vir jare gaan sy deur verwoestende vervolg oor haar christenskap. So erg dat sy bang is om voor vreemdelinge oor haar geloof te praat. Emosioneel is sy onseker, oor dinge.

 

Die wie die Here nie dien nie - maar sê hulle ken Hom, maak die wêreld vir haar so moeilik by enige konfrontasie hardloop sy weg!

 

Kies! Spreek die Here! Kies vandag wie jy gaan dien - so sê God! Is jy dan van die huis van Soul - wat mense tevrede wil stel? Of, is jy van die huis van David wat My tevrede wil stel? Kies - so sê die Here! 

 

Oppas broers en susters - oppad vir die wolwe in skaapklere! Die woord van die Here sê dat tussen ons sal daar mense opstaan wat die skape uitmekaar sal drywe! Hulle redenasies is gif! 

 

Daarom luister nie eens na hulle nie! Nooi hulle nie eens in julle huise in nie - dien die Here! Luister na jou God! 

 

Jy sal vervolg word, as hulle my dan vervolg het en daadgamaak het, waarom sal hulle jou dan nie vervolg nie? Waarom sal hulle jou dan nie wil doodmaak nie? Glo en wees gehoorsaam!