Ons is Jesus se erfdeel   2017-08-28

... Ons is Jesus se erfdeel ...

 

Efes 1:17 dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee, :18 verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is;

 

Wat is iets wat jy erf anders as 'n beloning van die een wat gesterf het? Toe my pa in 2000 oorlede is het sy pensioen aan elke kind en grootmens 'n bedrag geld gegee. 'n "Geskenk" van hom isit nie?

 

Ek onthou ek het dit nog by my geld gesit vir 'n diposito op my huis. So as ek die dag sterwe sal my eie kinders ook daaruit voordeel trek, en hulle kinders. 

 

Ander, sal hulle erfdeel verkwansel en nie eens hulle self sal daaruit voordeel trek nie wat nog te sê van hulle kinders? 

 

So het ek dit ook al beleef met mense wat in die kers van Jesus begin maar daarteen rebelleer! Kort voor lank kan hulle nie eens meer sien hulle is op die breë weg nie! 

 

Dis nie jou pastoor of kerkraad se kerk nie dis Jesus se kerk! Oppas wat jy sê en doen teenoor Sy kerk! Hy wat Jesus is vat dit persoonlik! Dis Sy erfdeel, dis ons erfdeel en dis ons kinders s'n!