Waarnatoe lei die pad waarop ek stap   2017-08-16

... Waarnatoe lei die pad waarop ek stap ...

 

Hand 22:4 Hierdie Weg het ek vervolg tot die dood toe, en manne en ook vroue geboei en in gevangenisse oorgegee,

 

Ek het al geleer in my lewe dat die oomblik wanneer jy opstaan en vir iets staan is daardie oomblik wanneer jy begin teenkanting kry. Dis eintlik logies, jy laat dan oë op jou draai en sê: "hiers ek"!

 

Om op die Weg te klim en die pad te begin stap, is dit, presies wat jy doen. Dis 'n weg vol van vervolging. Dit kan 'n alleen pad raak maar dit is 'n weg vol verassings en avontuur!

 

Onthou jy staan op en sê die weg waarop ek was is die verkeerde weg. En jy sê almal wat daarop stap is in die verkeerde rigting oppad! Jy sê hulle is verkeerd! En niemand wil dit hoor nie!

 

Daarom sal hulle eerder as om jou Weg te ondersoek, jou Weg wil verwoes en almal wat daaroor getuig! Niemand wil gesê word hulle is verkeerd nie!

 

Daarom sê die woord ook ... Daar is 'n weg wat reg lyk maar die uiteinde daarvan is die dood. Breed is die weg wat na die verderf ly en baie is daarop. Smal is die weg wat na die lewe lei en min is daarop!

 

Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe spreek die Seun van God! Niemand gaan na die Vader behalwe deur My nie! Sela.