Wat ek van God getuig   2017-08-07

... Wat ek van God getuig ...

 

Heb 13:14 Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons soek die toekomstige. 15 Laat ons dan gedurig deur Hom aan God ‘n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely.

 

Ek vra myself af - waarom mense so stry oor posisie - oor iets wat nie permanent is nie? Ek het al gesien, en gehoor - ervaar - hoe offisiere die mense onder hulle so slegmaak net dat hulle beter moet lyk! 

 

Dan omdat hulle as die beste wil lyk in hulle "base" se oë, bring hulle aan hulle self 'n lofoffer van hoe hulle nie kan "cope" met die slegtigheid van ander nie!

 

Ag nee man! Sies vir jou! Net soos jy veg om daardie posisie wat nie permanent is nie, net so is dit belangrikker om te veg vir die een wat is! Jou posisie in God! Daardie ene is vir ewig! 

 

As jy so aangaan wat moet jou baas dink van jou as belydende Christen? Wat moet hy dink van die ander Christene wie jy so sleg maak? Is ons dan nie Sy beeld nie? Wat dink hy van jou God dan?

 

Bely Hom met jou lippe! Bely hom in al jou weë. Let om na jou woorde! Dit wat jy doen en dit wat jy sê het 'n inpak op God homself.